SPANBOU  -  TROUES  -  GROEPSKAMPE  -  OEFENKAMPE  -  KLUBSAMETREK  -  FAMILIE BYEENKOMSTE - KERKKAMPE

Ons eindelose groot grasperke laat soveel potensiaal toe vir kampe. Die staproetes is pragtig en met die diverse afstande is dit gunstig vir oud en jonk.

Kleinsaal
Hierdie saal kan tot 80 persone dra. Dis die ideale plek vir troues, jaareindfunksies, spanbou funksies, vergaderings, kerkkampe, ens. Catering en decor vir troues moet self voorsien word. Drapering en Fairy lights ingesluit by venue. Stoele, Tafels, eetgerei en kombuisgeriewe ingesluit.

Grootsaal ook beskikbaar vir groepe tot en met 130 gaste. Asb kontak bestuur.

Kombuis
Die kombuis is volledig uitgerus met kombuis- en breekware om vir funksies te voorsien.
Geen spyseniering word deur Waterberg Farmstay aangebied nie. Daar is wel kontakpersone wat ons vanuit Vaalwater kan verwys vir CATERING, PLATEJOGGIES ens.
Selfsorg kan hier ook toegepas word.