Meer oor ons


Meer oor ons Meer oor ons Meer oor ons
Waterberg Farmstay, 'n pragtige stukkie plaas, afgestaan vir u om te kom rus vind teen die oewers van die Mogol rivier.
Hetsy u selfsorg eenhede verkies of graag eerder kamp, daar is iets vir almal.

Met die prag van ons tuine en grasperke het ons onthaal area's gewilde trou lokale geword uitgerus met 'n volledige kombuis, breekware asook stoele en tafels.

Vir die buitelug entoesias is daar baie om van te kies.
Wandelpadjies, fietsry roetes, put-put bane en visvang is slegs paar van die moontlike aktiwiteite om aan deel te neem. 'n Pragtige swembad, buitelug meubels en sambrele voorsien 'n heerlike atmosfeer wat 'n lui lekker gesellige dag langs die swembad sal voorsien.

Met 'n goed uitgeruste oord winkeltjie is verskeie produkte beskikbaar waarvan braaihout, ys, alkoholiese verversings en 'n heerlike variasie roomys en slegs die begin is.

DIE REDE VIR DIE OORD SE VOORTBESTAAN: Ons as eienaar se behoefte om die stuk prag met u te kan deel.