KAMPERING

Daar is 40 staanplekke beskikbaar op pragtige grasperke en meestal voldoende koelte

  • Kampering: Prys / nag vir 4 persone. 
  • Ekstra persoon/nag betaalbaar tot 'n maksimum van 6 persone/kampplek
  • Elke kampplek is toegerus met ‘n kragpunt (Bring 20m kragkabel)
  • Soliede grondseile word nie op gras toegelaat nie.
  • Dome tente met ‘n vaste vloer moet asseblief elke derde dag geskuif word.
  • Elke staanplek voorsien met 'n braai, asblik en 'n nabye waterpunt.
  • 4 volledige SKOON ablusie geriewe met opwas area vir skottelgoed.